Skip to content

Meer as 300 000 mense gedwing om uit huise te vlug weens veldbrande in Frankryk en Spanje

# Meer as 300-duisend mense in Frankryk en Spanje moes weens veldbrande hul huise ontruim, terwyl brandbestryders sukkel om verwoestende brande te beheer, met temperature wat na verwagting hierdie week weer sal styg. Brande het die Gironde-streek verwoes en na die land se wynstreek in Bordeaux versprei. Byna 220-duisend mense moes verskeie dorpe verlaat in die land se grootste ontruiming sedert die Tweede Wêreldoorlog. In Spanje is minstens een persoon in die siedende veldbrande dood, met meer as 100-duisend mense wat uit die streke rondom Madrid en Ávila ontruim is.