# Meer as 17-duisend-600 mense is die afgelope week tydens verskerpte operasies deur Operasie Shanela in hegtenis geneem. Die afgelope Paasnaweek is meer as 500 onwettige drankwinkels gesluit, met die meerderheid in KwaZulu-Natal. Inhegtenisnemings sluit meer as een-duisend-100 motoriste vir dronkbestuur in, sowel as arrestasies vir die besit van dwelms en gesoekte verdagtes. Die polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê beamptes het ontvoeringslagoffers in Gauteng en in die Oos-Kaap gered en meer as 100 onwettige mynwerkers is in die Vrystaat en Noordwes vasgetrek:
Meer as 17-duisend gearresteer in misdaadbekampingsoperasie [KLANK]
ENG MatheOnArrests