# Die adjunkminister in die Presidensie, Nonceba Mhlauli, sê die regering se jeugwerkverskaffingsprogram maak bestendige vordering. Sy het tydens ‘n mediakonferensie gesê dat meer as 76-duisend inkomstegeleenthede tussen Januarie en Maart vanjaar geskep is, wat die totaal op meer as 1,67-miljoen te staan bring sedert die program begin is. Volgens Mhlauli is meer as 4,7-miljoen jongmense nou op die netwerk geregistreer.