Skip to content

Meer as 150 mense dood en honderde vermis na kitsvloed op Nepal-Tibet-grens

# Minstens 157 mense is dood en meer as 300 buitelanders, insluitend minstens vier Suid-Afrikaners, word vermis na ʼn massiewe kitsvloed en modderstorting in Nepal. ʼn Enorme wal modder en rotse het in die rivier op die Himalaja-grens tussen Nepal en Tibet gestort, en die kitsvloed veroorsaak. In China is drie mense dood en meer as 250 word vermis. Die vermiste buitelanders is burgers van Indië, die Verenigde Koninkryk, Amerika, Australië en Kanada. Sommige is ook van Suid-Korea, Nederland, Maleisië, Portugal en Suid-Afrika.