Skip to content

Meer as 14 000 verdagtes die afgelope week vasgetrek in landwye Shanela-operasies [KLANK]

# Landwye Operasie Shanela-bedrywighede het die afgelope week tot die inhegtenisneming van 14-duisend-773 verdagtes gelei. Onder dié wat vasgetrek is, was drie-duisend-51 gesoekte persone wat in verskillende dele van die land opgespoor is. Hulle is gesoek weens moord, verkragting en aanranding met die doel om ernstig te beseer. Altesaam 119 moordverdagtes is vasgetrek, die meeste van hulle in Gauteng en die Wes-Kaap. Die polisiewoordvoerder, Amanda van Wyk, sê hulle het ook beslag gelê op 163 ongelisensieerde vuurwapens:

AFR AmandaonSuspects