# Meer as 160 mense is sedert die sesde Julie in Frankryk aangehou of ondervra oor doelbewuste brandstigting. Sowat 220-duisend mense in Frankryk en meer as 100-duisend in Spanje is ontruim terwyl brandbestryders sukkel om die veldbrande te midde van ‘n hittegolf te beheer. Frankryk se eerste minister, Sébastien Lecornu, sê die brande is hoofsaaklik deur nalatigheid veroorsaak: ‘n sigaretstompie, ‘n braai of werk wat sonder voorsorgmaatreëls uitgevoer is. Hy sê doelbewuste brandstigting is ‘n misdaad wat strafbaar is met 15 jaar gevangenisstraf. Niemand is nog aangekla nie.
Meer as 100 in Frankryk aangehou of ondervra oor buitegewone brande