Skip to content

Media verbied om hofsaak van sakeman Vusimuzi ‘Cat’ Matlala uit te saai

# Die media is verbied om die hofsaak van die omstrede tenderpreneur Vusimuzi “Cat” Matlala in Alexandra, Gauteng regstreeks uit te saai. Hy staan tereg op aanklag van poging tot moord en sameswering om moord te pleeg oor ‘n beweerde komplot om sy gewese vriendin, die aktrise en entrepreneur Tebogo Thobejane, te vermoor. Matlala word ook verbind met die huidige en die gewese minister van Polisie, Senzo Mchunu en Bheki Cele. Hy bly in aanhouding terwyl sy vrou en twee ander medebeskuldigdes uit is op borgtog. Die saak hervat op 26 Augustus.