# Die Daily Maverick en News24 betwis ‘n aansoek dat getuienis in die Madlanga-kommissie agter geslote deure aangehoor moet word. Getuienisleiers het aansoek gedoen om getuienis onbepaald in camera aan te bied terwyl die verhoor voortduur. Die media en die publiek sal dus nie toegelaat word om die getuienis aan te hoor nie. Die twee mediahuise se regspanne sal nou skriftelike aansoeke indien voor die kommissie ‘n besluit neem.
Media staan aansoek teen om Madlanga-kommissie se verhore in camera voort te sit