# Die Mededingingskommissie het Audatex Suid-Afrika, die skattingsagtewaremaatskappy vir voertuigherstelwerk, na die Mededingingstribunaal verwys vir beweerde prysdiskriminasie. Die kommissie beweer Audatex het klein en mediumgrootte ondernemings, asook histories benadeelde firmas, aansienlik hoër pryse as groter kliënte vir dieselfde dienste gehef. Siyabulela Makunga van die kommissie sê die Tribunaal is versoek om ‘n administratiewe boete van tot tien-persent van die maatskappy se jaarlikse omset op te lê.
Mededingingskommissie vervolg Audatex oor beweerde prysdiskriminasie