# Die Oos-Kaapse Regterpresident Selby Mbenenge het ‘n hersieningsaansoek en ‘n dringende interdik by die Hooggeregshof in Pretoria ingedien, om die Regterlike Dienskommissie se bevinding te betwis dat hy skuldig is aan growwe wangedrag. Die kommissie het ‘n vroeëre beslissing van ‘n Regterlike Gedragstribunaal tersyde gestel, wat hom skuldig bevind het aan wangedrag nadat hy tussen 2021 en 2022 ongewenste seksuele toenadering gesoek het by die sekretaresse Andiswa Mengo. Die saak is verwys vir moontlike parlementêre ampsklagverrigtinge. Mbenenge wil intussen hê die besluit moet hersien en tersyde gestel word.
Mbenenge dien dringende interdik in teen Regterlike Dienskommissie se bevinding oor growwe wangedrag