# Oudpresident Thabo Mbeki sê die uitkoms van die Amerikaanse middeltermynverkiesing kan ‘n aanduiding gee van die Kongres en Senaat se houding teenoor die Verenigde Nasies en internasionale reg. Hy het tydens die Afrika- en Afrika-diaspora-konferensie in Boksburg, Gauteng, gesê dit sal moontlik nie voldoen aan wêreld-verwagtinge nie en die huidige situasie kan onveranderd bly. Mbeki vra die internasionale gemeenskap om die verwikkelings ná die verkiesing dop te hou en sê die uitkoms sal nie noodwendig toon hoe Amerika toekomstige internasionale betrekkinge en multilaterale samewerking benader nie.
Mbeki sê Amerikaanse middeltermynverkiesing is toets vir toewyding aan internasionale reg