# Oudpresident Thabo Mbeki beskuldig president Cyril Ramaphosa dat hy wanvoorstellings oor onwettige migrasie aanhits. Ramaphosa sê onbeheerde onwettige migrasie skep veiligheidsgevare en is ʼn las op gesondheidsdienste. Mbeki sê dis net bespiegelings dat onwettige migrante die oorsaak is van hoë werkloosheidsvlakke, misdaad en gebrek aan ekonomiese groei en word nie deur bewyse ondersteun nie. Hy waarsku dat negatiewe gevoelens teen migrante Afrika-eenheid bedreig en die aandag aftrek van die strukturele oorsake van Suid-Afrika se politieke en ekonomiese probleme.
Mbeki beskuldig Ramaphosa dat hy wanbegrippe oor onwettige migrasie aanhits