# Sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula sê die party se leierskapstruktuur in KwaZulu-Natal is versterk en hersaamgestel om sy teenwoordigheid in die provinsie te verbeter. Hy het voor die ANC se provinsiale taakspanvergadering gesê die sekretaris-generaal se kantoor werk saam met plaaslike leiers en belanghebbendes om bestuur en dienslewering te verbeter. Mbalula het die media meegedeel dat sekere bestuurskwessies in toekomstige vergaderings aangespreek sal word namate die party sy teenwoordigheid in die provinsie verder versterk:
Mbalula sê ANC in KZN is versterk om dienslewering te verbeter [KLANK]
ENG MbalulaOnLeadership