# Adjunkpresident Paul Mashatile is op ‘n werksbesoek aan Indië. Die laaste amptelike besoek deur ‘n Suid-Afrikaanse staatshoof was in Januarie 2019 toe president Cyril Ramaphosa hoofgas was by Indië se Republiekdagvieringe. Die Presidensie sê Mashatile sal as deel van sy besoek die bilaterale betrekkinge met die sakeleiers en beleggers uit Indië versterk. Dit sal tydens ‘n rondetafelbespreking plaasvind, wat daarop gemik is om meer beleggings vir beide lande te lok. Mashatile is nog tot Woensdag in Indië.
Mashatile wil bilaterale betrekkinge met Indië versterk tydens werksbesoek