# Adjunkpresident Paul Mashatile het ‘n beroep op die kerk gedoen om te bid vir die land se leiers. Mashatile het tydens die Goeie Vrydag-diens van die Assemblies of God-kerk in Thaba Nchu in die Vrystaat die gemeente toegespreek. Gesprekke is aan die gang om oplossings te vind vir die voorgestelde 0,5-persent verhoging in die belasting op toegevoegde waarde, wat op die eerste Mei in weking sal tree. Mashatile sê die partye sal volgende week vergader, en hy is vol vertroue dat ‘n positiewe oplossing gevind sal word.
Mashatile vol vertroue gesprekke oor BTW-verhogings sal ‘n positiewe oplossing bied