Skip to content

Mashatile se werksbesoek aan China wil voortbou op suksesvolle uitkomste van SA-China Bi-nasionale Kommissie 

# Die Presidensie sê adjunkpresident Paul Mashatile se werksbesoek aan China die week wil samewerking op gebiede van gedeelde belange tussen die twee lande bevorder. Hy sal deelneem aan China se vierde Internasionale Voorsieningsketting-ekspo, en ook ʼn bilaterale vergadering met adjunkpresident Han Zheng hou. Die Presidensie sê om ekonomiese bande tussen die twee lande te versterk, sal Mashatile ook met voorste Chinese maatskappye vergader en fokus op infrastruktuurontwikkeling, gevorderde vervaardiging, tegnologiese vernuwing, industrialisering en volhoubare ekonomiese groei.