Skip to content

Mashatile sê Suid-Afrika wil diplomatieke en handelsbande met Amerika verbeter

# Adjunkpresident Paul Mashatile sê Suid-Afrika fokus daarop om verhoudinge met Amerika te verbeter en beskou die vennootskap as noodsaaklik vir die land se ekonomiese ontwikkelingsdoelwitte. Die Onteieningswet is die middelpunt van die gespanne diplomatieke betrekkinge tussen Pretoria en Washington sedert president Donald Trump weer in die Withuis is. Mashatile het by die BizNews-konferensie in die Wes-Kaap gesê verskeie rolspelers moet die regering ondersteun om die nasie  se belange in Amerika te bevorder, insluitend deur meganismes soos die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika.