# Adjunkpresident Paul Mashatile sê Suid-Afrika moet werksvaardighede en breër menslike ontwikkeling heroorweeg om op ʼn veranderende wêreld te reageer. Hy het gister in Johannesburg die vyfde beraad van die Menslike Hulpbronne Ontwikkelingsraad toegespreek. Mashatile sê vinnige veranderinge in hoe mense leer en werk, aangedryf deur tegnologie, verskuiwende demografie en ekonomiese druk, vereis nuwe fokus op vaardighede en menslike ontwikkeling. Hy het die belangrikheid van die herbeplande strategie vir menslike-hulpbronontwikkeling beklemtoon wat die land se vaardigheidsontwikkelingstelsel wil hervorm, werkloosheid verminder en onderwys in lyn met ekonomiese behoeftes bring.
Mashatile sê onderwys en vaardigheidsontwikkeling moet in pas bly met eise van ’n tegnologie-gedrewe ekonomie