# Adjunk-president Paul Mashatile het die ondervoorsitter van China se voorste politieke adviesliggaam, Gao Yunlong, by die OR. Tambo-woning in Pretoria onthaal. Hulle het ontmoet om samewerking in die gesondheid- energie- en die voertuig-sektore te verstewig. Mashatile het die diversifisering van handel beklemtoon en het Suid-Afrika se verbintenis tot voortgesette hoëvlak-skakeling met China bevestig. Hulle het ook November se G20-beraad bespreek en herbeklemtoon dat strategiese vennootskappe tussen die twee lande noodsaaklik is vir wedersydse ekonomiese groei.
Mashatile ontmoet Chinese sakeleier om bande tussen Suid-Afrika en China te verstewig