# Adjunkpresident Paul Mashatile, in sy hoedanigheid as voorsitter van die Suid-Afrikaanse Nasionale Vigs-raad, sluit vandag die laaste sitting van die negende Suid-Afrikaanse Nasionale Vigs-konferensie in Boksburg, Gauteng, af. Die vierdaagse konferensie met die tema “Vuka, Let’s Unite Towards a TB-Free World!”, het besin oor vordering in die stryd teen TB, en maatreëls geïdentifiseer om Suid-Afrika se reaksie op die siekte te versnel. Die Presidensie sê Mashatile sal die regering se verbintenis om TB uit te wis, bevestig en nuwe vennootskappe vra om die voortslepende uitdagings te hanteer.
Mashatile lewer vandag slotrede by 9de Suid-Afrikaanse Tuberkulose-konferensie