# Adjunkpresident Paul Mashatile sal vandag Oesdag in die Vrystaat herdenk by die Remmoho Investment in Agriculture-plaas in Bethlehem. Mashatile sal in sy hoedanigheid as voorsitter van die Interministeriële Komitee oor Landbou met 400 boere en belanghebbendes in gesprek tree oor uitbreiding in die sektor en werkskepping. Die besoek sluit ‘n inspeksie van appel-uitvoergeriewe in en pogings om swart boere te ondersteun sal uitgelig word. Hy word vergesel deur die minister van Landbou, John Steenhuisen, en die minister van Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling, Mzwanele Nyhontso. Die Vrystaatse premier, Maqueen Letsoha-Mathae, sal ook by hulle aansluit.
Mashatile herdenk Oesdag in die Vrystaat