# Die hoofinspekteur van die Gautengse verkeerspolisie, Samuel Mashaba, sê verkeersbeamptes en polisiebeamptes dien albei die staat, maar met verskillende verantwoordelikhede. Hy het voor die Madlanga-kommissie in Pretoria getuig oor die groot dwelmklopjag in 2021 in Aeroton, suid van Johannesburg, waartydens meer as 700 kilogram kokaïen gekonfiskeer is. Mashaba sê daar was niks onbehoorliks aan sy teenwoordigheid nie en hou vol dat die onderskeid tussen verkeers- en polisierolle minimaal is:
Mashaba sê verkeers- en polisiebeamptes dien albei die staat met verskillende verantwoordelikhede [KLANK]
ENG MashabaOnRoles