Skip to content

Mashaba herbevestig ActionSA sal nie gedwing word om koalisiebesluite te aanvaar nie

# Die leier van ActionSA, Herman Mashaba, sê die party sal nie gedwing word om koalisievennote te kies nie. Hy sê besluite sal onafhanklik en in die belang van kiesers geneem word. Mashaba het ActionSA se koalisie met die ANC, die EFF en ander partye in Tshwane verdedig, waar dr. Nasiphi Moya in 2024 as uitvoerende burgemeester aangestel is. Hy sê die administrasie maak vordering met die stad se finansies, insluitend die vermindering van sy Eskom-skuld met ongeveer een-miljard-rand. Mashaba sê koalisies behoort beoordeel te word op grond van bestuur en dienslewering, en nie politieke lojaliteit nie.