Skip to content

Masemola verwelkom inhegtenisneming van twee vermeende huurmoordenaars in Fort Hare-lyfwagmoordsaak [KLANK]

# Nasionale polisiekommissaris Fannie Masemola verwelkom die inhegtenisneming van twee vermeende huurmoordenaars in verband met die moord op die visekanselier van Fort Hare, Sakhele Buhlungu, se lyfwag, Mboneli Vesele. Polisiewoordvoerder Athlenda Mathe sê Bafana Chiliza en Nkosiyazi Maphumulo is in Johannesburg aangekeer. Vesele is in Januarie 2023 voor Buhlungu se huis in Alice in die Oos-Kaap doodgeskiet. Sy bevestig dit bring die aantal inhegtenisnemings op twaalf te staan:

ENG-MatheOnVesele