# Die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, het openbare hulp gevra met die soektog na die vermiste joernalis Sibusiso Ndlovu en sy lewensmaat, Zodwa Mdhluli. Hulle het op 18 Februarie verdwyn nadat hulle hul huis in Mpumalanga verlaat het. Die polisie het die saak herklassifiseer as ontvoering en kaping en die verdagtes wat in hegtenis geneem is, sal na verwagting vandag in die Landdroshof in KwaMhlanga verskyn. Masemola sê samewerking van die gemeenskap is van kardinale belang in die saak:
Masemola versoek publiek se hulp met soektog na vermiste joernalis en sy lewensmaat [KLANK]
ENG-MasemolaOnJournalist