Skip to content

Masemola sê polisie sal nie aanvalle op sy lede duld nie

# Die Nasionale Polisiekommissaris, Fannie Masemola, waarsku bandelose gemeenskapslede dat die polisie nie aanvalle op sy lede sal duld nie, veral nie deur mense wat die blou uniform misken nie. Polisiewoordvoerder Athlenda Mathe sê dit volg na ‘n video op sosiale media van ‘n vroue-polisiebeampte wat aangerand is terwyl sy haar wettige pligte in Kimberley, in die Noord-Kaap, uitgevoer het. Mathe sê enige persoon wat probeer keer dat polisiebeamptes hul mandaat uitvoer om misdaad te voorkom en te beveg, sal met die volle mag van die reg te doen kry.