# Die geskorste nasionale adjunk-polisiekommissaris vir Misdaadopsporing, Shadrack Sibiya, is gedurende getuienis by die Madlanga-kommissie van ondersoek in Pretoria, met die tenderpreneur Vusimuzi “Cat” Matlala verbind. Die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, het die kommissie meegedeel dat ‘n besorgde persoon beweer het Sibiya het noue bande met Matlala wat aangekla is van pogings tot moord. Masemola sê hy het Misdaadintelligensie aangesê om ondersoek in te stel wat gelei het tot deursoekings by Matlala se persele en die arrestasie van die Sandtonse sakeman Katiso “KT” Molefe:
Masemola beweer arrestasie van tenderpreneurs het gevolg na saak verbind met Sibiya [KLANK]
ENG MasemolaOnSibiya