# Die voormalige minister van Verdediging en speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, het ‘n nuwe regspan in haar korrupsiesaak aangestel. Sy het gister in die Hooggeregshof in Pretoria verskyn waar haar voormalige prokureur, Reginald Willis, van die saak onttrek het. Mapisa-Nqakula word daarvan beskuldig dat sy na bewering tussen 2016 en 2019 omkoopgeld ter waarde van meer as twee-miljoen-rand van die sakevrou, Nombasa Ntsondwa-Ndhlovu, ontvang het. Die saak is tot 20 Junie uitgestel en sy is intussen steeds uit op borgtog van 50-duisend-rand.
Mapisa-Nqakula stel nuwe regspan aan in omkoopsaak van meer as R2-miljoen