# Die leier van die EFF, Julius Malema, sê Solidariteit en AfriForum moet vervolg word vir bedrywighede wat die land se soewereiniteit ondermyn het. Die drukgroepe het ‘n sigbare, strategiese rol gespeel om Amerikaanse sienings van Suid-Afrika se grondonteienings-beleid, gesprekke oor minderheidsregte en Afrikaner-voorspraak te vorm. Malema sê Suid-Afrika moet nooit in gedrang gebring word deur die rassistiese belange van klein minderheidsgroepe nie: