# Die Maledive het Israeli’s verbied om die luukse toeriste-eilandgroep te besoek uit solidariteit met die Palestyne. President Mohamed Muizzu het die wetgewing bekragtig kort nadat dit vandag deur die Parlement goedgekeur is en die verbod tree onmiddellik in werking. Die klein Islamitiese republiek van een-duisend-192 strategies-geleë koraaleilandjies, is bekend vir sy afgeleë wit sandstrande, vlak turkoois-strandmere en Robinson Crusoe-styl wegbreke.
Maldive verbied Israelse besoekers op die eilandgroep