# Die presidents- en parlementêre verkiesing in Malawi het begin met 17 name op die stembrief. Politieke ontleders verwag dat die wedloop tussen president Lazarus Chakwera en sy voorganger, Peter Mutharika, sal wees. Albei word beskuldig van korrupsie en wanbestuur. Die verkiesing vind plaas terwyl die land worstel met inflasie van meer as 27-persent, ernstige brandstof-tekorte en die lewenskoste wat skerp styg. Ontleders voorspel ‘n tweede ronde van die verkiesing, met jong kiesers wat ‘n noemenswaardige invloed op die uitslag sal hê.
Malawi se presidentsverkiesing begin met reuse-ekonomiese uitdagings