# Die minister van Water en Sanitasie, Pemmy Majodina, het beleggers aangespoor om te help om Afrika se jaarlikse waterbeleggingstekort van 528-miljard-rand te oorbrug. Majodina het tydens die Afrika-Unie se Afrika-Waterbeleggingsberaad in Kaapstad gewaarsku ekonomiese en maatskaplike vooruitgang verkeer in gevaar sonder dringende optrede. Sy het ook onthul Suid-Afrika het 23-miljard-rand vir damprojekte verseker, maar waarsku teen infrastruktuur-sabotasie deur watermafia’s en vra dat skuldiges van verraad aangekla word.
Majodina vra beleggers om Afrika se watertekort van R528-miljard te oorbrug