Skip to content

Magashule sê die ANC het Suid-Afrika sedert 2017 verraai [KLANK]

# Die leier van die African Congress for Transformation, Ace Magashule beskuldig die ANC dat hy sedert 2017 Suid-Afrikaners verraai het. By die begrafnis van ACT se Vrystaatse lid van die provinsiale wetgewer, David Mkhabela, het hy aan SABC News gesê, hy blameer interne verdeling vir munisipaliteite wat uitmekaar val. Hy sê die ANC het sy belofte aan die mense oorboord gegooi en veroordeel die nasionale dialoog en die regering van nasionale eenheid as politieke transaksies:

ENG-MagashuleOnANC