# Die voormalige munisipale bestuurder van Umzimkhulu, Stanley Sikhosana, het vandag in die Landdroshof in Mzimkhulu in KwaZulu-Natal verskyn in verband met die moord op die sekretaris-generaal van die ANC-Jeugliga, Sindiso Magaqa, in 2017. Hy is Maandag weer in Durban in hegtenis geneem. Sikhosana is die eerste keer in 2018 saam met die ontslape burgemeester, Mluleki Ndobe, in hegtenis geneem, maar die aanklagte is teruggetrek. Natasha Ramkisson-Kara van die Nasionale Vervolgingsgesag sê Sikhosana sal op 14 Augustus aansoek doen om borgtog:
Magaqa-moordbeskuldigde bly in aanhouding voor borgtogaansoek [KLANK]
ENG-Ramkisson-KaraOnSikhosana