# Die waarnemende adjunkhoofregter, Mbuyiseli Madlanga, sal vandag besonderhede gee oor die kommissie van ondersoek na die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris Nhlanhla Mkhwanazi se bewerings van politieke inmenging in ondersoeke. President Cyril Ramaphosa het Madlanga aangewys as voorsitter van die ondersoek na vermeende indringing deur misdaad-sindikate in wetstoepassing. Die minister van Polisie, Senzo Mchunu, en die adjunkkommissaris vir misdaadopsporing, Shadrack Sibiya, is op spesiale verlof. Intussen sal die Konstitusionele Hof Donderdag ‘n spesiale sitting vir Madlanga hou voor sy amptelike aftrede.
Madlanga verstrek vandag inligting oor Mkhwanazi-kommissie van ondersoek