# Die Madlanga-kommissie het verdaag nadat die hoof van Misdaad-intelligensie, Dumisani Khumalo, siek geword het voor hy kon voortgaan met sy getuienis. Die kommissie se woordvoerder, Jeremy Michaels, sê ‘n besluit oor of die verrigtinge môre hervat sal word, sal later vandag bekend gemaak word. Khumalo het getuienis gelewer oor beweerde bande tussen die sakeman Vusimuzi ‘Cat’ Matlala, Brown Mogotsi en die geskorste minister van Polisie, Senzo Mchunu. Hy sê die sittings is steeds in fase een:
Madlanga-kommissie verdaag omdat Misdaadintelligensie-hoof Dumisani Khumalo ongesteld is [KLANK]
ENG-MichaelsOnKhumalo