#Getuie C sê die sakeman Vusimusi “Cat” Matlala het die minister van Polisie, Senzo Mchunu, om hulp gevra na ‘n polisieklopjag op sy huis in Pretoria in Desember verlede jaar, terwyl hulle na die ontvoerde sakeman Jerry Boshoga gesoek het. Getuie C het voor die Madlanga-kommissie gesê Matlala het Mchunu gevra om in te gryp deur die beamptes wat by die klopjag betrokke was, met behulp van opsporingstoestelle te identifiseer. Hy het bygevoeg Matlala het later gevoel hy word gebruik en is sonder beskerming, en het geglo sy steun vir Mchunu se ANC-presidensiële veldtog is nie terugbetaal nie:
Madlanga-kommissie hoor Matlala het Mchunu se hulp gevra na klopjag op sy huis [KLANK]
ENG WitnessCOnBetrayal