# Die Madlanga-kommissie van ondersoek na misdadigheid, politieke inmenging en korrupsie in die strafregstelsel is gewaarsku oor die gevaar van toenemende politieke geweld voor volgende jaar se plaaslike regeringsverkiesing. Die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, het bewyse getoon wat die voortdurende uitdagings in die hantering van politieke moordsake uitlig, insluitend vertraging met vervolging. Hy het ook verwys na ‘n brief van die provinsiale direkteur van Openbare Vervolging, Elaine Harrison, wat waarsku die verkiesing kan politieke geweld ontlok:
Madlanga-kommissie gewaarsku oor toenemende politieke geweld voor 2026 se plaaslike verkiesing [KLANK]
ENG MkhwanaziOnElections