# Die Madlanga-kommissie het berigte bevestig van ʼn vermeende sluipmoordpoging op die omstrede sakeman Brown Mogotsi gisteraand in Vosloorus aan die Gautengse Oos-Rand. Volgens berigte het onbekende gewapende mans op sy voertuig losgebrand, maar dis nie in hierdie stadium bekend of hy in die voertuig was nie. Mogotsi se naam duik gereeld op in ondersoeke na beweerde verrotting in die Polisiediens. Die kommissie se woordvoerder, Jeremy Michaels, het aan die SABC gesê hulle is bekommerd oor Mogotsi se veiligheid:
Madlanga-kommissie bevestig sluipmoordpoging op omstrede sakeman Brown Mogotsi [KLANK]
ENG MichaelsOnWitnesses