Skip to content

Macpherson vra openbare kommentaar oor fasiliteringsraamwerk vir die boubedryf

# Die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson, vra Suid-Afrikaners om teen volgende Vrydag kommentaar te lewer oor die Geïntegreerde Maatskaplike Fasiliteringsraamwerk. Die raamwerk is in die Staatskoerant gepubliseer en gemik op die vermindering van konstruksie-onderbrekings en die neutralisering van die konstruksiemafia deur gemeenskapsbetrokkenheid in infrastruktuurprojekte. Macpherson sê in ‘n verklaring ingeligte deelname sal waninligting teenwerk en projeksekerheid versterk. Die raamwerk spruit uit verlede jaar se Nasionale Konstruksieberaad in Durban.