Skip to content

Mabuza se vrouens nader Mpumalanga Hooggeregshof oor R44-mijoen se pensioenuitbetaling

# Die Hooggeregshof in Mpumalanga sal vandag argumente aanhoor oor die oorlede voormalige adjunkpresident David Mabuza se pensioenfonds van 44-miljoen-rand. Dit volg nadat Mabuza se dogter, Tamara Silinda die hof genader het om die verdeling van haar pa se pensioenfonds deur Alexander Forbes te keer. Silinda beweer dat haar ma Mabuza se tradisionele vrou was. Sy vra dat die verspreiding gestop word totdat al die afhanklikes se regte erken is en die boedel regverdig toegewys is.