Skip to content

Maatskaplike entrepreneur en inheemse maatskaplike werker wen Nelson Rolihlahla Mandela-prys

# ‘n Maatskaplike entrepreneur van Kenia, Kennedy Odede, en ‘n Kanadese inheemse maatskaplike werker, Brenda Reynolds, is die wenners van 2025 se Nelson Rolihlahla Mandela-prys. Die Verenigde Nasies het die prys in 2014 ingestel en ken dit elke vyf jaar toe aan twee mense wie se werk Mandela se nalatenskap van leierskap, nederigheid, diens en eenheid oor grense heen weerspieël. Die VN se sekretaris-generaal, António Guterres, sê Odede en Reynolds verpersoonlik die gees van eenheid en potensiaal. Hulle sal hulle pryse ontvang op Internasionale Mandela-dag op 18 Julie.