# Naamsa het aangekondig Suid-Afrika se nuwe voertuigmark het verlede maand sy opwaartse neiging voortgesit, ondersteun deur dalende inflasie, ‘n stewiger rand, voortgesette tekens van verbeterende verbruiker-sentiment en vraagherstel in belangrike uitvoermarkte. Algehele binnelandse nuwe voertuigverkope het verlede maand tot meer as 55-duisend-900 eenhede gestyg, die hoogste maandsyfer sedert Maart 2015. Dit het gestyg met sewe-duisend-774 eenhede, of 16-persent, vergeleke met die 48-duisend-222 eenhede in Oktober verlede jaar. Die syfer vir die jaar tot dusver is nou 15,7-persent hoër as dieselfde tydperk in 2024.
Maandelikse verkope van nuwe voertuie in SA op hoogste vlak in tien jaar