# Die Oos-Kaapse LUR vir Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Zolile Williams, sê die nasionale rampverligtingsfonds se toekenning van 504-miljoen-rand sal nie die kostes om te herbou dek ná die vloede in Junie nie. Meer as 100 mense is dood, huise en infrastruktuur is vernietig, en talle gesinne is ontheem. Williams het aan SABC News gesê al word die fondse in fases vrygestel, is geen geld opsygesit vir tydelike behuising of die vervang van verlore vee nie. Hy bepleit bykomende ondersteuning om gemeenskappe te herbou:
LUR Williams sê R504-miljoen vir vloedverligting is nie genoeg vir herstel nie [KLANK]
ENG-WilliamsOnFunds