# Die Wes-Kaapse LUR vir Mobiliteit, Isaac Sileku, het deur die departement se Provinsiale Volhoubare Vervoerprogram fietse aan verskeie gemeenskapsorganisasies in Idasvallei, Stellenbosch, oorhandig. Die program is daarop gemik om gemeenskappe te bemagtig deur fietse, veiligheidsopleiding en basiese instandhoudingsondersteuning vir diegene wat lang afstande na skool, werk of gemeenskapsaktiwiteite moet stap. Sileku sê ‘n fiets mag dalk eenvoudig lyk, maar dit verteenwoordig vryheid, waardigheid en geleentheid: