# Die regsverteenwoordiger van die ontslape Zambiese oudpresident, Edgar Lungu, se familie beweer daar is geen bewyse dat hy in sy vaderland begrawe wou word nie. Advokaat Casper Welgemoed het aan die Hooggeregshof in Pretoria gesê sulke bewerings is hoorsê en moet ignoreer word. Die Zambiese regering en die familie is in ‘n regstryd gewikkel oor sy laaste rusplek nadat hy op 5 Junie in Pretoria oorlede is. Die staat wil hê hy moet gerepatrieer word, maar die familie verkies ‘n privaat begrafnis in Suid-Afrika. Uitspraak word hierdie week verwag.
Lungu-familie se regsverteenwoordiger beweer daar is geen bewys dat ontslape president in Zambië begrawe wou word nie