# Die Hooggeregshof in Pretoria het uitstel verleen in die familie van die voormalige Zambiese president, Edgar Lungu, se aansoek om verlof tot appèl teen ‘n beslissing dat sy liggaam na Lusaka gerepatrieer moet word. Die familie se regsverteenwoordiger, Tembeka Ngcukaitobi, sê die partye het ingestem om die saak buite die hof te bespreek en Maandag terug te keer. Die familie wil Lungu in Suid-Afrika begrawe sodat die huidige Zambiese president, sy politieke mededinger Hakainde Hichilema, nie betrokke is nie, maar die Zambiese regering wil hom in sy vaderland begrawe.
Lungu-familie se aansoek om verlof tot appèl teen begrafnisuitspraak tot Maandag uitgestel