# Die Hooggeregshof in Pretoria het gehoor daar bestaan ‘n dooiepunt tussen die voormalige Zambiese president Edgar Lungu se familie en die Zambiese regering oor waar hy begrawe moet word. Die saak is Vrydag uitgestel vir onderhandelinge. Adjunk-regterpresident Aubrey Ledwaba het voorheen ten gunste van die staat beslis en ‘n staatsbegrafnis in Zambië goedgekeur. Die gesin hou egter vol Lungu se laaste wens was om president Hakainde Hichilema uit te sluit. Die 68-jarige is twee maande gelede in Suid-Afrika dood. ‘n Datum vir ‘n appèlaansoek moet nog aangekondig word.
Lungu-familie en Zambiese regering bereik dooiepunt oor Lungu se begrafnis