# Die Litterboom-projek, gevestig in afvalherwinning, het sy Kaapstadse Vernuwingspilpunt by die Rondebosch-gholfklub van stapel gestuur. Die gerief konsentreer op afvalvernuwing, hersirkulering en volhoubaarheid. Die uitvoerende hoof Cameron Service sê die spilpunt sal hulle werk in die Wes-Kaap ingrypend verander, wat insluit die uitbreiding van die Wastepreneur-program, en die bemagtiging van toekomstige probleemoplossers met vaardighede en kennis oor plastiek- en afvalbeleid. Suid-Afrika lewer elke jaar meer as 2,5-miljoen ton plastiek op.
Litterboom-projek stuur afvalvernuwingspilpunt in Kaapstad van stapel