# Die belangegroep Section27 en gesinne van die Life Esidimeni-slagoffers vra die Nasionale Vervolgingsgesag om die gewese Gautengse LUR vir Gesondheid, Qedani Mahlangu, en die voormalige direkteur van Geestesgesondheid, Makgabo Manamela, dringend te vervolg. ‘n Geregtelike doodsondersoek het bevind dat hulle strafregtelik aanspreeklik is aan die dood van sommige van die 144 geestesgesondheids-pasiënte. Die hernude oproep word gedoen voor ‘n vergadering van die Nasionale Hersieningsraad op Geestesgesondheid in Johannesburg. Pearl Nicodemus van Section27 sê gesinne wag al te lank vir geregtigheid en wil gereeld inligting van die NVG hê.
Life Esidimeni-gesinne vra weer vir vervolgings terwyl Geestesgesondheidsraad voorberei vir vergadering